As Ek Kon

Dis koud as jy inkom
Dis koud as jy uitgaan
Ek was daar om te aanskou
Gehuil onder ligte
In 'n vreemde kamer
Ek was daar om jou vas te hou
Ek wil nie maak of ek van beter weet nie
Jy sal self vind
Die wêreld is vol grootpraters en kakmakers my kind
En as kon het jou beskerm en gewaarsku
Teen als wat kom

As ek kon
Elke droom bewaar, elke nagmerrie verdryf
As ek kon het ek jou vry gemaak van elke slegte mens se kyk
As ek kon het ek jou vas gehou
Styf vas teen my lyf
As ek kon
Was ek vir altyd daar om in jou oë te kyk

Ek wou altyd weghardloop
Ek wou altyd ontsnap
Maar ek hoop dat jy sal bly
Jy gaan baie dinge sê
Jy gaan baie dinge hoor
Kom altyd terug na my

Moenie maak of jy van beter weet nie
Jy sal self vind
Die wêreld is vol grootpraters en kakmakers my kind
En as kon het jou beskerm en gewaarsku
Teen als wat kom

As ek kon
Elke droom bewaar, elke nagmerrie verdryf
As ek kon het ek jou vry gemaak van elke slegte mens se kyk
As ek kon het ek jou vas gehou
Styf vas teen my lyf
As ek kon
Was ek vir altyd daar om in jou oë te kyk

As ek kon
Elke droom bewaar, elke nagmerrie verdryf
As ek kon het ek jou vry gemaak van elke slegte mens se kyk
As ek kon het ek jou vas gehou
Styf vas teen my lyf
As ek kon
Was ek vir altyd daar om in jou oë te kyk



Credits
Writer(s): Francois Badenhorst, Karen Greeff
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link