Aanvaar Ek Jou

Ons is altwee stukkend
Ons het altwee seer
Wat ons in ons harte ronddra
Wat ons dure lesse leer

Ons voel albei soms verlore
Onsigbaar en alleen
Murasies wat in stilte
Smelt in die reën

In al my gebrokenheid
Aanvaar jy my?
Sien jy kans vir die dae
Wat ek in stukke bly?

In al jou gebrokenheid
Aanvaar ek jou
Laat ons saam die langpad aandurf
Mekaar geselskap hou

Ons is albei half neuroties
Albei effe gek
Ons jaag ons eie sterte
En bly net op een plek

Die mens, so selfvoldaan
Is net 'n stofwolk wat verskyn
'n Desperate oomblik dwarrel
En dwarrelend verdwyn

In al my gebrokenheid
Aanvaar jy my?
Sien jy kans vir die dae
Wat ek in stukke bly?

In al jou gebrokenheid
Aanvaar ek jou
Laat ons saam die langpad aandurf
Mekaar geselskap hou

In al my gebrokenheid
Aanvaar jy my?
Sien jy kans vir die dae
Wat ek in stukke bly?

In al jou gebrokenheid
Aanvaar ek jou
Laat ons saam die langpad aandurf
Mekaar geselskap hou

Laat ons saam die langpad aandurf
Mekaar geselskap hou

Laat ons saam die langpad aandurf
Mekaar geselskap hou



Credits
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link