Messelaar

Ek sukkel deesdae dikwels om te slaap
En dis asof ander honde my steeds jaag
Na plekke waar die asems min raak
Ek weet ek is nie eintlik digitaal nie
En al die ru vereistes maak nie saak nie
Maar jy weet ek voel redelik kalm hier
Somtyds lê die hemel in onsekerheid
Ek haat dit as hulle vir my sê jy moet besluit
So asof ek hieruit kan kom
Jy is die messelaar van jou eie realiteit
Jy is die enigste een wat werklik na jou kan kyk
Al maak dit seer moet jy probeer
Jy is die messelaar van jou eie realiteit
Jy is die enigste een wat werklik jou storie skryf
Probeer net weet dat van ons weet
Ek sukkel deesdae met die mense om my
Dis asof hulle al my grense oorskry
Ek wens ek kan daai honde weglei
Meeste mense is maar bloot apaties
Lusteloos wat lei tot woorde sonder aksie
As ek om my kyk gaan dit maar sleg hier
Somtyds lê die hemel in onsekerheid
Ek haat dit as hulle vir my sê jy moet besluit
So asof ek hieruit kan kom
Jy is die messelaar van jou eie realiteit
Jy is die enigste een wat werklik na jou kan kyk
Al maak dit seer moet jy probeer
Jy is die messelaar van jou eie realiteit
Jy is die enigste een wat werklik jou storie skryf
Probeer net weet dat van ons weet
Jy is die messelaar van jou eie realiteit
Jy is die enigste een wat werklik na jou kan kyk
Al maak dit seer moet jy probeer
Jy is die messelaar van jou eie realiteit
Jy is die enigste een wat werklik jou storie skryf
Probeer net weet dat van ons weet



Credits
Writer(s): Herman Kleinhans,
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link