Vir My Moeder
Soms sit mens net
Gedagtes ver weg van die werklikheid
Sonder om op iets te let
Onbewus van plek en tyd
Beelde kom op voor jou geestes oog
En bring die lyding van gister se smart
Soos 'n pyl geskiet uit 'n boog
Steek die seer vas in jou hart
Jy het gedink die pyn was weg
Het mos aangegaan met die lewe
Nou moet jy weer daarteen veg
En jouself probeer vergewe
Harde woorde op mekaar geskree
Kwaad is ons uitmekaar
Maar hoe kan ek dan so gedwee
Die afskeid sommer net aanvaar
Nooit kans gemaak om jammer te sê
Was mos té trots om dit te doen
Al wat ek sou wou hê
Was om weer met u te versoen
Nooit het ek eers gedink
Dat die dood u sou kom haal
Maar my hart het in my skoene gesink
Ek as kind het u gefaal
'n moeder met 'n omgee hart
Vertrap en verstote het u gevoel
Nou besef ek in my smart
Ek het die woorde nooit bedoel
Soms pleit ek saggies
Dat u my sal vergewe
Dat U ook my wonde genees
En my lip begin te bewe
My oë wel op ek sukkel om te sien
Ek wens u het nog gelewe
U het beter as dit verdien
Vader, vergewe my
Ek wou nooit hê dat sy moes ly
Kan U ook my wonde genees
Ek sou graag 'n beter kind wou wees
Gee vir haar 'n drukkie
Sê dit kom van my
Vra of sy 'n rukkie
Aan my sy wil bly
Ek mis haar oneindig Heer
Meer as ooit tevore
En ek besef dit met 'n seer
Haar aanraking is vir ewig verlore
Gedagtes ver weg van die werklikheid
Sonder om op iets te let
Onbewus van plek en tyd
Beelde kom op voor jou geestes oog
En bring die lyding van gister se smart
Soos 'n pyl geskiet uit 'n boog
Steek die seer vas in jou hart
Jy het gedink die pyn was weg
Het mos aangegaan met die lewe
Nou moet jy weer daarteen veg
En jouself probeer vergewe
Harde woorde op mekaar geskree
Kwaad is ons uitmekaar
Maar hoe kan ek dan so gedwee
Die afskeid sommer net aanvaar
Nooit kans gemaak om jammer te sê
Was mos té trots om dit te doen
Al wat ek sou wou hê
Was om weer met u te versoen
Nooit het ek eers gedink
Dat die dood u sou kom haal
Maar my hart het in my skoene gesink
Ek as kind het u gefaal
'n moeder met 'n omgee hart
Vertrap en verstote het u gevoel
Nou besef ek in my smart
Ek het die woorde nooit bedoel
Soms pleit ek saggies
Dat u my sal vergewe
Dat U ook my wonde genees
En my lip begin te bewe
My oë wel op ek sukkel om te sien
Ek wens u het nog gelewe
U het beter as dit verdien
Vader, vergewe my
Ek wou nooit hê dat sy moes ly
Kan U ook my wonde genees
Ek sou graag 'n beter kind wou wees
Gee vir haar 'n drukkie
Sê dit kom van my
Vra of sy 'n rukkie
Aan my sy wil bly
Ek mis haar oneindig Heer
Meer as ooit tevore
En ek besef dit met 'n seer
Haar aanraking is vir ewig verlore
Credits
Writer(s): Gerrie Keen
Lyrics powered by www.musixmatch.com
Link
© 2024 All rights reserved. Rockol.com S.r.l. Website image policy
Rockol
- Rockol only uses images and photos made available for promotional purposes (“for press use”) by record companies, artist managements and p.r. agencies.
- Said images are used to exert a right to report and a finality of the criticism, in a degraded mode compliant to copyright laws, and exclusively inclosed in our own informative content.
- Only non-exclusive images addressed to newspaper use and, in general, copyright-free are accepted.
- Live photos are published when licensed by photographers whose copyright is quoted.
- Rockol is available to pay the right holder a fair fee should a published image’s author be unknown at the time of publishing.
Feedback
Please immediately report the presence of images possibly not compliant with the above cases so as to quickly verify an improper use: where confirmed, we would immediately proceed to their removal.