Laaste Sigaret

Kom ons rook nog ń laaste sigaret
En ek mag dalk net my wêreld
Vir jou staan en gee

Jy't gepreek
Tussen die wit lakens
En ek het geluister
Na jou lyf se taalkuns
Dalk moet ons net alles vergeet

Maar dis moeilik
As jy terugdink
Daar was ń storm wat ń weermag
Nie kon keer nie

Ons was veilig
In ons kluise
Dalk moes ek net nooit my sleutel
Vir jou gegee het nie

So, kom ons rook nog ń laaste sigaret
En ek mag dalk net my wêreld
Vir jou staan en gee

Want jy't gepreek tussen die wit lakens
En ek het geluister na jou lyf se taalkuns
Dalk moet ons net alles vergeet

En as ons weer sien
Is dit totsiens
Vir ń wyle
Maar ek glo nie daar is keer nie

Sal jy soen-groet?
Of my beboet?
Deur my te los in die doolhof
Van my geheue

So, kom ons rook nog ń laaste sigaret
En ek mag dalk net my wêreld
Vir jou staan en gee

Jy't gepreek
Tussen die wit lakens
En ek het geluister
Na jou lyf se taalkuns
Dalk moet ons net alles vergeet

En ek kom dalk van die kant af
Jou blatant
Maar ons dae is mos nou
Reeds getel

Dink jy eenkeer gaan genoeg wees?
Ek's bevrees
Dat die teenkant hier gaan geld

So, kom ons rook nog ń laaste sigaret
En ek mag dalk net my wêreld
Vir jou staan en gee

Jy't gepreek
Tussen die wit lakens
En ek het geluister
Na jou lyf se taalkuns
Dalk moet ons net alles vergeet



Credits
Writer(s): Herman Kleinhans,
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link