As Ek Sing

Jou skaduwee stap stil by my verby
Die donker grys gedagtes van jou
loop oor my hartsverlange hou my naby jou
Ek weet ek sal jou nooit weer vas kan hou
Maar jy sing nog steeds vir my
Jy sing nog steeds vir my en waar ons was

Ek ruik nog steeds die lelies in die wind
Die nugter geur van jonkwees en die siel van n kind
En die stories kan die waarheid word
Somtyds is die tyd maar net te kort
Daarom maak my hart musiek en my trane word leriek
Tot my liedjies joune word

As ek sing, sing ek vir jou
Ah
En die wind wat waai tot die winde wat onthou
Want my hart verlang na jou
(Want my hart verlang na jou)
Hoor jy my sing vir jou
As ek sing
(As ek sing)
Sing ek vir jou

My vingers dwaal oor note en klavier
Wys my hart in woorde en musiek
Jy is hier by jou het my hart kom skuil
Soms die wind en soms net ek wat huil.
Laat my stem jou aanhou lei tot jou siel
die woorde kry en dan sing jy dit vir my

As ek sing, sing ek vir jou
Ah
En die wind wat waai tot die winde wat onthou
Want my hart verlang na jou
(Want my hart verlang na jou)
Hoor jy my sing vir jou
As ek sing
(As ek sing)
Sing ek vir jou.



Credits
Writer(s): Rudie Claase
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link