Sit Die Ligte Aan

Sit die ligte aan...
"Jy sê jy's klaar met liefde & met omgee
Jy sê dit vat die beste uit jou uit
En jy het als gegee wat jy gehad het
Is jou eensaamheid 'n feit

Dit hang nog ini skadus van jou woorde
dit lui nog soos die klokke in die nag
dit speel nog ini hoeke van jou oë
in jou kuiltjie as jy lag

dan land daar 'n engel
en al wat jy dink jy geweet het
is verkeerd

Sit die ligte aan, op jou aanloopbaan
Want 'n engel soek 'n plek om in jou hart te land... sit dit aan!

Jy sê jy knip jou telefoon se drade
jy wil net alles uit jou lewe vee
wie sal weet wat in jou hart gebeur het
as jy onder water skree

Gee my kans om jou weer te bereik
Gee my kans om jou weer terug te vind
Laat my net my arms om jou toesluit
Dat jy weer oor liefde sing..."



Credits
Writer(s): Steve Hofmeyr
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link