Huise Van Glas

Kyk die mense in die strate, dokters, staats-amptenare
Almal dra geheime in die mou
Soos papierpoppe op kaarte, word ons leeg sonder harte
En daar's niemand wat 'n ander meer vertrou

Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Dieselfde son wat daar skyn, gee aan almal deel van hom
O moet nie oordeel nie, en wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas

Kyk die nuus in die koerante, oordeel van alle kante.
Is daar dalk 'n skuldgevoel wat skuil
En die mense praat en skinder, oor die dinge wat hul hinder
Maak nie saak wie huil nie, dis die styl.

Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Dieselfde son wat daar skyn, gee aan almal deel van hom
O moet nie oordeel nie, en wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas

Sê my waar is die broeder liefde, dalk gesteel deur die nag diewe
Al wat nou nog oorbly, is verwyte en kritiek

Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Dieselfde son wat daar skyn, gee aan almal deel van hom
O moet nie oordeel nie, en wys nie 'n vinger nie
Ons almal woon in huise van glas



Credits
Writer(s): Herman Holtzhausen
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link