Vanaand Se Maan
Nag loop sy paaie
Duisternis kry sy sin
Geluide word lawaaie
Want die nagstilte het begin
Ver-af skreeu 'n kiewiet rou
'n Jakkals kreun sy klag
En vanaand se maan
Is 'n hartseer maan
Is 'n spierwit maan
Vanaand se maan is mooi
Nag loop sy paaie
Duisternis gaan sy gang
Die donker word nou baie
En die baie maak bang
Nag se swart maak dood die lig
Die dag sterf in 'n ster
En vanaand se maan
Is 'n hartseer maan
Is 'n spierwit maan
Vanaand se maan is mooi
Want vra maar die maan as hy so lyk
Hoe dink ek nog aan jou
Vra hom of hy hartseer is
Want hy kan ook onthou
Donker word ligter
Dag se son breek die nag
Die aarde word stil wakker
Want die son sê: dit is nou dag
Twaalf ure se fel verlang
Voor nag jou weer omvou
En dan's vanaand se maan
Weer 'n hartseer maan
En 'n spierwit maan
Vanaand se maan
Vanaand se maan is dan weer mooi
Duisternis kry sy sin
Geluide word lawaaie
Want die nagstilte het begin
Ver-af skreeu 'n kiewiet rou
'n Jakkals kreun sy klag
En vanaand se maan
Is 'n hartseer maan
Is 'n spierwit maan
Vanaand se maan is mooi
Nag loop sy paaie
Duisternis gaan sy gang
Die donker word nou baie
En die baie maak bang
Nag se swart maak dood die lig
Die dag sterf in 'n ster
En vanaand se maan
Is 'n hartseer maan
Is 'n spierwit maan
Vanaand se maan is mooi
Want vra maar die maan as hy so lyk
Hoe dink ek nog aan jou
Vra hom of hy hartseer is
Want hy kan ook onthou
Donker word ligter
Dag se son breek die nag
Die aarde word stil wakker
Want die son sê: dit is nou dag
Twaalf ure se fel verlang
Voor nag jou weer omvou
En dan's vanaand se maan
Weer 'n hartseer maan
En 'n spierwit maan
Vanaand se maan
Vanaand se maan is dan weer mooi
Credits
Writer(s): Jeanette Cilliers
Lyrics powered by www.musixmatch.com
Link
Other Album Tracks
Altri album
- Liewe Lewe (feat. Christi van Niekerk)
- Jy Is Te Dierbaar (Remastered)
- Jy is te Dierbaar (2018 Remaster)
- 'n Versameling (Remastered)
- n Versameling
- Gunstelinge
- Die Reis
- Laurika Rauch Sing Die Liedjies Uit - Stuur Groete Aan Mannetjies Roux
- Laurika Rauch Sing Die Liedjies Uit (Stuur Groete Aan Mannetjies Roux)
- Wals, Wals Willemien
© 2025 All rights reserved. Rockol.com S.r.l. Website image policy
Rockol
- Rockol only uses images and photos made available for promotional purposes (“for press use”) by record companies, artist managements and p.r. agencies.
- Said images are used to exert a right to report and a finality of the criticism, in a degraded mode compliant to copyright laws, and exclusively inclosed in our own informative content.
- Only non-exclusive images addressed to newspaper use and, in general, copyright-free are accepted.
- Live photos are published when licensed by photographers whose copyright is quoted.
- Rockol is available to pay the right holder a fair fee should a published image’s author be unknown at the time of publishing.
Feedback
Please immediately report the presence of images possibly not compliant with the above cases so as to quickly verify an improper use: where confirmed, we would immediately proceed to their removal.