Susterliefde

As ek dink aan susterliefde, dan dink ek net aan jou
As die wêreld om my ratel, as die donkerte my toevou
Dan sien ek weer die duine, ek sien die branders en die son
Die vonkel in jou oë, die lig op my horison

As die vreugde in my opwel, of die trane vlak kom lê
Dan weet ek jy was ook hier, jy verstaan wat stilte sê
Om vry te wees en lief te hê, uit volle bors te sing
Dan lag jy oopmond en ek weet: niks kan groter vreugde bring
Niks kan groter vreugde bring

As ek dink aan wilde woorde, dan dink ek ook aan jou
Ss die watervalle opdroog, of die blare val in rou
Dan sien ek weer die duine, ek sien die branders en die son
Die vonkel in jou oë, die lig op my horison
Die lig op my horison
Die lig op my horison

Want as ek dink aan susterliefde, dan dink ek net aan jou
Ss die wêreld om my ratel, as die donkerte my toevou
Dan sien ek weer die duine, ek sien die branders en die son
Die vonkel in jou oë, die lig op my horison
Die lig op my horison
Die lig op my horison



Credits
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link