Ses Voet Diep In Vergifnis (feat. Almero)

Rus in vrede
Hier lê ek nou
Is jy bang vir die dood of
Was jy bang vir die lewe

N Huldeblyk van
Gemorsde tyd
Word jy oorweldig
Deur al die spyt

In die oë van geliefdes
Sien ek wat jy was
Sien ek wat jy kon wees
Wat jy moes wees

In die oë van geliefdes
Sien ek hoe jy liefhet
Sien ek hoe jy bly vrees
Oor wat sou wees

(Koor)

Vergewe jouself
Jy gaan swaar dra
Aan al die seer wat jy opgaar
Skud die skuld van jou rug af
Spog met jou letsels

Los als nou in die begrafplaas
Ses voet diep in vergifnis
Jy kan nie met n tas vol haat
In jouself
By die hemel aankom nie

(By die hemel aankom nie)

Ongeduldig
Blaas ons uit
Ongenadig
Mors ons tyd

Heen en weer deur
Die lewe jaag
Vir niks wat saak maak
Spyt kom te laat

In die oë van die hartseer
Sien ek myself
Rondgegooi deur die lewe
Ek is uit gedelf

In die oë van die hartseer
Moet ek erken
Dat ek alles probeer het
Om die lewe te wen

(Koor)

Vergewe jouself
Jy gaan swaar dra
Aan al die seer wat jy opgaar
Skud die skuld van jou rug af
Spog met jou letsels

Los als nou in die begrafplaas
Ses voet diep in vergifnis
Jy kan nie met n tas vol haat
In jouself
By die hemel aankom nie



Credits
Writer(s): Bouwer Bosch, Matthieu Auriacombe, Peach Van Pletzen, Almero Welgemoed
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link