Winterkind

Hoe lank moet ons nog glo
Vir watter antwoord moet ons wag
Ek sit hier by my vensterbank, en luister na die reën in die nag
Ons grense is geoffer, ons volksleiers is dood
Siembamba se kop lê en huil in elke sloot
Kom lê hier in my arms, en luister na die reën in die nag
Kom lê hier in my arms, ons kan saam op die rooi dag wag
Vannaand is ons vol koue
Morê is ons troue
Winterkind, winterkind
Luister na die wind, die wind, in hierdie pikswart nag
Die hond lê op die mat
Sy groot lyf, asem rustig
Winterkind my meisie, hoekom is jy so droewig
Dis donker maan vannaand, die sterre steek hulle oë weg
Agter die gordyn roer skaduwees, skaduwees van oorlog
Kom lê hier in my arms, en luister na die reën in die nag
Kom lê hier in my arms, ons kan saam op die rooi dag wag
Vannaand is ons vol koue
Morê is ons troue
Winterkind, winterkind
Luister na die wind, die wind, in hierdie pikswart nag
Thula, thula baby
Thula, thula baby
Thula, thula thulala baby



Credits
Writer(s): Andre Letoit
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link