Timbuktu

Kyk op na die hemel, weg van jouself af
Daar anderkant die horison en weet,
vir eens in jou lewe, dat ek jou lief het
Ja, net soos wat jy is

Sien, wat voor jou staan, dit wat opreg is
Wat geld nie sal kan koop nie
En besef, nou is ek joune, en jou vir altyd
sal ek by jou staan

Want ek, ek sal jou volg na Timbuktu
Waarheen jy ook al heen gaan toe
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
Wys my, wys my die pad, ek is gepak
Niks sal die kans van ons af vat
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou

Glo jy in vir ewig, daar waar twee mense
Jare bymekaar bly
En vergeet hoe dit eens was
Toe hul nog albei enkellopend was
Want ek, kan my verbeel
jy met jou kierie, en ekke met my bolla
En jy noem my ietsie soos "Ma"
en ek noem jou "Ou baas"
Ek droom oor daardie dae

Want ek, ek sal jou volg na Timbuktu
Waarheen jy ook al heen gaan toe
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
Wys my, wys my die pad, ek is gepak
Niks sal die kans van ons af vat
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou

Kyk my in my oë en sê my wat jy voel vir my
Dis alles wat jy sal kan kry
Sê net jy sal bly by my

Want ek, ek sal jou volg na Timbuktu
Waarheen jy ook al heen gaan toe
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
Wys my, wys my die pad, ek is verward
Niks sal die kans van ons af vat
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou

Ek sal jou volg na Timbuktu
Waarheen jy ook al heen gaan toe
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou
Wys my, wys my die pad, ek is gepak
Niks sal die kans van ons af vat
Ek sal die een wees wat jou hand bly vashou



Credits
Writer(s): Andrew Edwin Lippa
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link