Die Lewe is 'n Grenshotel

Madame sit in die grenswag
'n Manskap teen haar bors
Sy koester sy vermoeidheid
Sy nadrup en sy dors

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar
Jou toekoms is gerekenaar

Madame bestel 'n high ball
(dit hou die vleesdrif hoog)
En kyk na jong kanonvoer
Wat saamdrom by die oog

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar
Jou toekoms is gerekenaar

Madame, versot op jong bloed
Vergeet skoon van haar ou
Want jonk of oud sterf eenders
Die slagveld is hul vrou

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar
Jou toekoms is gerekenaar

Madame grens oor die wete
Haar hulpdiens is beperk
Want of hul bruin of wit is
Hul dra die kaïnsmerk

Die lewe is 'n grenshotel
'n Volkebont, 'n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar
Jou toekoms is gerekenaar

En drank en nag bring kennis
En almal haal die grens
Die grens erken geen grense
Alleen die hart se wens

Lalada



Credits
Writer(s): H Aucamp, S.j. Hofmeyr
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link