Die Rolprent

Gee my 'n plek in ry "H"
Net een dankie – gaaf dat jy vra
Die voorprent het nou net begin

As die Saterdag matineé draai
Gaan wie nou vir wie eers verraai?
Maar ek het die boek al gelees

Hier kom die held en heldin
Want die hoofprent - het nou begin
Voorheen was jy vir my lief gewees
Maar dit was 'n heel ander fliek

Waar kom die lied, die liedjie vandaan?
Dit kom met die son en verdwyn met die maan
Die woorde is sterk, die deuntjie so skaam
En vroeg in die rolprent sing ons nog saam

Dalk is ons liefde 'n fliek
Wat ook soms hartseer kan bied
Ons liefde was mooi vir 'n bietjie

Drome kom andersom uit
Dis net 'n kwessie van tyd
Nie als in die storie maak sin nie

Deesdae leer jy jou les
Met behulp van 'n kort sms
Voorheen was jy vir my lief gewees
Maar dit was 'n heel ander fliek

Waar kom die lied, die liedjie vandaan?
Dit kom met die son en verdwyn met die maan
Die woorde is sterk, die deuntjie so skaam
En soms in my drome sing ons nog saam

Lai dai de dai dai de dai
Lai dai de dai dai de dai

Lai dai de dai dai de dai

Drome kom andersom uit
Dis net 'n kwessie van tyd
Voorheen was jy vir my lief gewees
Maar dit was 'n heel ander fliek

Dit was 'n heel ander lied
Maar dit was 'n heel ander lied



Credits
Writer(s): Christopher Torr, Eugene Carstens
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link