54 5de Straat

Jy sê jou liefde's nie te koop nie
en jou hart lê steeds by my
maar ek het nie wat hy het nie
en by hom sal ek jou kry
Ek onthou jou nog soos gister
maar dis als verbrande as
En ek kyk net hoe jy wegwaai
soos jy vir hom sê kom hou my stywer vas

54 5de straat
het ek vir jou gestaar deur die ogiesdraad waar jy staan
by 'n ander man
54 5de straat
het ek so gewens om aan jou te raak maar daai draad
sê dis reeds te laat
Jy't gesê ek is 'n dromer
En ek stap die pad alleen

Maar dit alles sou ek opgee
Vir 'n druppel somer reen
En na 30 jaar van nou af
Lê jy in sy arms koud
Sou jy 5de straar ooit afstap
Aan my deur klop vir my vra
Kom saam my ou
54 5de straat
het ek vir jou gestaar deur die ogiesdraad waar jy staan

by 'n ander man
54 5de straat
het ek so gewens om aan jou te raak maar daai draad
sê dis reeds te laat
sê dis reeds te laat
sê dis reeds te laat
sê dis reeds te laat
jy sê jou liefde's nie te koop nie
en jou hart lê steeds by my
54 5de straat
het ek vir jou gestaar deur die ogiesdraad waar jy staan
by n ander man
54 5de straat
het ek so gewens om aan jou te raak maar daai draad
sê dis reeds te laat
maar daai draad
sê dis reeds te laat

sê dis reeds te laat



Credits
Writer(s): Johan Vorster, Sean Else, Ewald Coleske, Johan Legiel
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link