Feeverhaal

Dit is 'n warm somersaand in Februarie
Die tyd stap aan
Onthou jy die koue aand in Mei
Toe ek my eerste liefdesbriefie van jou kry
Jy skryf hom waar jy my die eerste keur raaksien
Voor die skool se hek
Ons altwee was toe tien
Jy vra of ek die hele naweek kan kom speel
Wie't geweet jy sal my hart vir altyd steel

En nou is jy altyd myne

En ek sal drome droom oor jou
Soos die feëverhale wat ek onthou
Jy is my prins
En ek jou prinses
Ek hoop dat hierdie storie eindig soos al die res
Umm oo aah

Dis jare later
Hier staan ons nou
Ek hou nog net so veel van jou
As daardie eerste naweek saam
Al verskil is dat ons nou net meer verstaan
Jy bou 'n huis sonder om my met sand te gooi
Die kissing touches is verby ons soen al mooi
As jy nou verby my stap
Knip jy al oog
Hier as ons so kwaad raak as ek wen met pyl en boog

En nou is jy altyd myne

En ek sal drome droom oor jou
Soos die feëverhale wat ek onthou
Jy is my prins
En ek jou prinses
Ek hoop dat hierdie storie eindig soos al die res

Sou ons die skemer hand inry
Op jou wit perd oor
Sterre skyn
Jy staan hier voor my op jou knieë en vra of ek my hand sal gee
Umm oo aah
Gee um oo aah

Dit raak al laat
Ek kyk hoe jy slaap
Dit voel of ek jou net wil wakker maak
Ek wil net hoor hoe jy vir my sê sê, "My skat jy's als dat ek wil hê."



Credits
Writer(s): Karlien Van Jaarsveld
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link