Spaar My Asseblief

Ons was te laat, te jonk,
Te veel geskool om te verstaan
Verslaaf aan geloof en vrees in praat
Identiteit, om die bos gelei
Verantwoordelikheid vermy

Ek weet nie waar ek inpas in hierdie prentjie nie
Die weer verander
Ek gaan nêrens nie
Net om ons foute weer te maak
Tot die wêreld eindig
Spaar my asseblief
Tot die wêreld eindig
Spaar my asseblief

Ek was te laat
Bewusteloos gebeur in Meerlust Straat
Beskerm en geleer om nie te kla
Nutteloos, groot planne vir my
Agtergebly

Ek weet nie waar ek inpas in hierdie prentjie nie
Die weer verander
Ek gaan nêrens nie
Net om ons foute weer te maak
Tot die wêreld eindig
Spaar my asseblief
Tot die wêreld eindig
Spaar my asseblief

Ons was ons hande in ons skuld
Ons was ons hande in onskuld
Ons was ons hande in onskuld
Ek sit nog steeds vas op diesefde plek

Ek weet nie waar ek inpas in hierdie prentjie nie
Die weer verander
Ek gaan nêrens nie
Net om ons foute weer te maak
Tot die wêreld eindig
Spaar my asseblief
Spaar my asseblief
Spaar my asseblief
Spaar my asseblief

Net om ons foute weer te maak
Spaar my asseblief
Tot die wêreld eindig
Spaar my asseblief
Tot die wêreld eindig
Spaar my asseblief



Credits
Writer(s): Francois Badenhorst, Jedd Ralph Kossew, Laudo Jacobus Liebenberg
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link