Tussen Woorde

Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure
Tussen woorde vlieg my drome regdeur die mure
En ek weet ek is niks sonder jou

Hier lê die drome, hier lê die woorde
Hier lê die strale van die son waarin ek is
Soveel liefde om te gee, soos die branders van die see
Waarvan al my drome is

Hier lê die spore, hier lê die name
Hier lê die harte wat my woorde verder dra
En my hart wil dankie sê, dat ek hierdie droom kan hê
Soveel meer as wat ek vra

Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure
Tussen woorde vlieg my drome regdeur die mure
En ek weet ek is niks sonder jou
Wat saam my drome bou, en wie my vashou
In jou oë is die rede dat ek sing in die duister
As jy lag, en ek hoor hoe al die engele fluister
Wat my hart vir jou wil sê, het in stiltes tussen woorde gaan lê ...

Hier lê die ligte, hier lê die sterre
Hier lê die ritme wat my verder lei
Wat ek hoor en wat ek sien, hoe kan ek dit ooit verdien?
Hierdie wonderwerk vir my
Hier lê ek saans, hier lê die liedjies
Hier lê die hande wat my hart se snare raak
En my siel wil sing vir jou, my hart wil jou omvou
Jy het my lewe laat ontwaak

Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure
Tussen woorde vlieg my drome regdeur die mure
En ek weet ek is niks sonder jou
Wat saam my drome bou, en wie my vashou
In jou oë is die rede dat ek sing in die duister
As jy lag, en ek hoor hoe al die engele fluister
Wat my hart vir jou wil sê, het in stiltes tussen woorde gaan lê

Tussen woorde lê daar soveel dankbare ure
Tussen woorde vlieg my drome regdeur die mure
En ek weet ek is niks sonder jou
Wat saam my drome bou, en wie my vashou
In jou oë is die rede dat ek sing in die duister
As jy lag, en ek hoor hoe al die engele fluister
Wat my hart vir jou wil sê, het in stiltes
Tussen woorde gaan lê
Wat my hart vir jou wil sê, het in stiltes
Tussen woorde gaan lê



Credits
Writer(s): Rudie Claase
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link