Miempie

Miempie woon in Bettiesbaai
Van buite lyk haar lewe saai
Miempie werk in die poskantoor
Sy perm haar hare tuis, sy bly langs 'n tehuis
En sing saans in die koor

Miempie het 'n groot geheim
Saans agter 'n gordyn
Dans Miempie met 'n Black&Decker boor
En soos haar krulle skud word sy wêreldwyd aanbid
Deur 'n internet gehoor

Jy mag dink sy's plain
Maar sy's 'n internet-sensasie
Met 'n claim to fame
Met 'n claim to fame
Stille waters, diepe grond
Ons dink ons ken mekaar
Maar onder draai die duiwel rond
Draai die duiwel rond

La la la la la la la la la la la la la la la
La la la la la la la la
La la la la la la la la la la la la la la la
La la la la la la la la

Een aand staan die koorleier voor die deur
Miempie is lanklaas by die koor bespeur
Miempie nooi hom in van agter die gordyn
En die boor word toe vervang deur 'n soete samesang
En die twee is nou aanlyn

Jy mag dink sy's plain
Maar sy's 'n internet-sensasie
Met 'n claim to fame
Met 'n claim to fame
Stille waters, diepe grond
Ons dink ons ken mekaar
Maar onder draai die duiwel rond
Draai die duiwel rond

La la la la la la la la la la la la la la la
La la la la la la la la
La la la la la la la la la la la la la la la
La la la la la la la la

Ons oordeel soms so maklik aan wat die oog kan sien
Wie die kat knyp in die donker, doen dit klandestien

Jy mag dink sy's plain
Maar sy's 'n internet-sensasie
Met 'n claim to fame
Met 'n claim to fame
Stille waters, diepe grond
Ons dink ons ken mekaar
Maar onder draai die duiwel rond
Draai die duiwel rond

La la la la la la la la la la la la la la la
La la la la la la la la
La la la la la la la la la la la la la la la
La la la la la la la la

Vat hom vas, Miempie!



Credits
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link