Ek Wil Lewe

Elke woord wat ek sê, skryf my verhaal
En oor jare van nou, sal ek dit weer kom haal
Om te lees soos 'n storie, die storie van my
Elke hartklop, asem, binne my
Moet 'n rede hê, want dit gaan gou verby
Kan nie langer wag nie, dis my begin
Ek maak nou my drome waar
Ek maak nou my drome waar
Die tyd van my lewe, dis nou
Elke oomblik, sekonde, om te onthou
Ek is jonk
Ek is vry
Ek wil lewe
Ek wil wees wie ek is, sonder vrees
Ek wil eendag sê, ek was daar gewees
Ja, die tyd van my lewe, dis nou
Gister is weg, ek sal dit nooit terugkry
En more bly, onbekend vir my
Wat ek het is net vandag
Net vandag
Wil die beste maak, van hier en nou
Wil my drome styf, in my hande hou
Het 'n beurt gekry, dis my begin
Die tyd van my lewe, dis nou
Elke oomblik, sekonde, om te onthou
Ek is jonk
Ek is vry
Ek wil lewe
Ek wil wees wie ek is, sonder vrees
Ek wil eendag sê, ek was daar gewees
Ja, die tyd van my lewe, dis nou
As die kans na my toe kom, sal ek dit vat (Sal ek dit vat)
Daar's 'n vuur wat ewig brand, hierin my hart
Die tyd van my lewe, dis nou
Elke oomblik, sekonde, om te onthou
Ek is jonk (Ek is jonk)
Ek is vry (Ek is vry)
Ek wil lewe
Ek wil wees wie ek is, sonder vrees
Ek wil eendag sê, ek was daar gewees
Ja, die tyd van my lewe, dis nou
Ja, die tyd van my lewe, dis nou
Ja, die tyd van my lewe, is nou



Credits
Writer(s): Giorgio Moroder, Keith Forsey, Irene Cara
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link