Engel

Ek het vriende wat ek sien
Ek is verslaaf aan nikotien
Ek hou van karre wat kan ry
Ek huil gewoonlik as ek baklei
Ek het gedink dat dit sou reën
Toe word ek still en wag alleen
Toe jy kom klop het, aan my deur

Ek het 'n dak bo oor my kop
En in die winter "like" ek sop
Ek raak benoud wanneer jy luister
Net soos wanneer mense fluister
Ek wonder of jy sal omthou
Dat jou woorde aan my klou
As jy my insluk, sonder om te kou

En ek speel 'n song vir jou my lief
Bly nog n rukkie asseblief
Want as ek sing dan sing ek saam
In 'n droom roep ek jou naam

Ek is so dronk soos Koos Kombuis
Daar is geen swembad by my huis
My sussie bly in Potchefstroom
Die mense daar rook almal boom
Vier seisoene in 'n traan
Hou my vas wanneer jy gaan
En ek weer alleen hier staan

En ek speel n song vir jou my lief
Bly nog n rukkie asseblief
Want as ek sing dan sing jy saam
In 'n droom roep ek jou naam

Ek speel 'n song vir jou my lief
Jy is 'n engel en 'n dief
Want as ek sing dan sing jy saam
In 'n droom roep ek jou naam



Credits
Writer(s): Hermannus J. Herman Van Veen
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link