Verlore Seun

Ek was die een wat die grondpad geloop het
Het als verloor toe ek my siel gaan verkoop het
My hart verruil vir 'n Leuen en 'n valse droom
Maar ek onthou die fees in my Pa se huis
Het nooit gedink ek sou sit met 'n hand vol gruis
Ek verlang na die dae toe ek Joune was
Nou staan ek hier met die langpad so ver agter my
En Jy staan met Jou arms uitgestrek na my

Ek kom terug na Jou toe
Ek kom terug na Jou toe
Ek kom terug na Jou toe
Want ek was vir te lank weg
Jou genade maak alles reg
Ek was die verlore seun

Nou sit ek hier
En ek weet wat ek verdien
Ek het gesien hoe groot Jou genade is
'N Seun soos ek weer terug in sy Pa se huis

My skuld was blind
Ek was skaam om jou weer te sien
Ek was so vuil maar Jy het my opgetel 'n Nuwe kleed
Het Jy aan my lyf gehang
Nou staan ek hier met die langpad so ver agter my
En Jy staan met Jou arms uitgestrek na my

Ek kom terug na Jou toe
Ek kom terug na Jou toe
Ek kom terug na Jou toe
Want ek was vir te lank weg
Jou genade maak alles reg
Ek was die verlore seun

Ek kom terug na Jou toe
Want ek was vir te lank weg
Jou genade maak alles reg
Ek was die verlore seun



Credits
Writer(s): Johan Vorster, Jo Engelbrecht
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link