Augustus

Waai waai wind waai
Dis Augustus
Waai wind waai waai
Dis Augustus
Wind waai waai wind
Dis Augustus
Waai waai wind waai
Dis Augustus

Ruk-ruk vaalwit stof deur swart oliekolle
Vuilbruin korrels warrel lae daaroor heen
Wapper dapper leë tjipspapier met vetkol
En sand wat dwarsoor reën

Stik-stik keelvoldik van vaal droë gras
En blare wat kraak in hul bruin
Droë lote en tak dood van winter en koue
Verswelg my lied dit verdwyn

Waai waai wind waai
Dis Augustus
Waai wind waai waai
Dis Augustus
Wind waai waai wind
Dis Augustus
Waai waai wind waai
Dis Augustus

My hande dieper in my sakke gedruk
My neus raaprooi wil net loop in die wind
Die leegheid in my siel van die winter en die dood
Mag dit aansand deur die waai en die wind

Bring my lente en die tintelvars geure
Van 'n nuwe lewe saam met jou
Lente ek bid waai weg die dood en ellende
My ou lewe en die grou

Waai waai wind waai
Dis Augustus
Waai wind waai waai
Dis Augustus
Wind waai waai wind
Dis Augustus
Waai waai wind waai
Dis Augustus

Waai waai wind waai
Dis Augustus
Waai wind waai waai
Dis Augustus
Wind waai waai wind
Dis Augustus
Waai waai wind waai
Dis Augustus

Waai waai wind waai



Credits
Writer(s): Jacques Steyn
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link