Die Ballade van Jakob F de Beer

In die Kamdebo kontrei was ons vrolik, jonk en vry
Waai westewinde waai
In die Kamdebo kontrei het ons donkiekar gery
Draai donkie donkie draai

Jakob F. de Beer, windpompingenieur
Reis van plaas tot plaas in sy donkiewa
As die westewinde waai, moet silwer speke draai
Draai silwer speke draai

Jakob, pasop
Die wind kan skielik draai
Jakob, Jakob
Die westewind is kwaai

Hannetjie du Plooy, byna byna mooi
Draai westewinde draai
As die dansorreltjie kreun, sit Hannetjie alleen
Draai draai draai tiekie tiekie draai

'n Donkie en sy baas kom aan op 'n nuwe plaas
Hannie lyk vir Jakob al te mooi
Na 'n week of wat ken die donkie ook die pad
Draf draf draf donkie donkie draf

Jakob, pasop
Die wind kan skielik draai
Jakob, Jakob
Die westewind is kwaai

Op 'n dag in die Kamdebo is Hannie windpomp toe
Draai donkie donkie draai
Skeef langs die yster leer, lê Jakob F. de Beer
Waai westewinde waai

In die Kamdebo kontrei kon Hannetjie nie bly nie
Sy huil te veel as die westewinde waai
In die Kamdebo kontrei het ons donkiekar gery
O, draai draai donkie donkie draai

Jakob, pasop
Die wind kan skielik draai
Jakob, Jakob
Die westewind is kwaai



Credits
Writer(s): Christopher Torr
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link