Ons Het Dit Gebou (Inleiding)

Geloof is net 'n klippie
Twee klippies skuur glad teen mekaar
Soos tyd aangaan.

Ek het jou my ribbebeen gegee
Jy het my hart gevat.

Dis waarvoor ek daar is
In jou lewe om jou emosionele toestand
Net 'n bietjie beter te maak.

Ons altwee begin nou met 'n lewe saam
Ons soek ons eie huis
On eie dinge

En 'n nuwe lewe het begin
En dis ek en jy saam
Van nou af en vir ewig
Net ek en jy saam.

Die tyd sal vir ons alles nader bring
As ons hierdie toets van tyd kan deurstaan

En ek weet ons gaan dit reg kry
Want ons doen dit al klaar.
Ons moet net mekaar ondersteun
En by mekaar staan
No matter what

En niks moet in ons pad staan nie
Ons moet saam oud word
Saam alles doen
En saam selfstandig wees
Vir mekaar.

Ons is mekaar se siekte
Ons is mekaar se blydskap

Ons hou mekaar vas wanneer dit nodig is
Ons bou mekaar op as ons geval het
Ons maak mekaar beter en beter
Soos tyd aanbeweeg

En jy weet ons liefde via mekaar is eg en opreg
Ons sal dit maak

Ons is vir mekaar
Op hierdie liefdespad geplaas

Daar is iets vir ons aan die einde van die tonnel
Ons moet net mekaar se hande nooit los nie
Dan sal ons dit ervaar
Waar ons harte regtig bedaar bymekaar

Ons moet meer saam wees teen alle tye
Sonder mekaar te versmoor
Ons moet werk aan ons verhouding
Dag in dag uit

Jy is my drome
My wete
My gees
En saam in my gebede
Elke liewe sekonde van my lewe

Ek sal jou nooit teleurstel nie
Tot die dag van my dood
Jy is vir my geleen op hierdie aarde
En ek sal jou oppas
Met al my krag in my hande
Ek weet God se planne is heel groter
As enige iets waaran ons kan dink
Ons moet net nooit mekaar se hande los nie
Ons moet mekaar geniet
Ten alle tye
En nooit te veel stres
Oor omstandighede nie
Want omstandighede het altyd 'n uitkykpunt
Mens moet die blokkies bou
Om bo uit te kom
En die wêreld te sien
Uit die hoogste punt
En daar staan ek en jy saam
Niks kan ons afgooi nie
Want ek en jy het dit gebou
'n Man en sy vrou

Dit is 'n boksgeveg
Twaalf rondtes



Credits
Writer(s): Juan Boucher,
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link