Dawid

As jy lag en jou dimpels wys
Steel jy harte links en regs om jou
Pa se seun, jy word gou groot
En ek wil wysheid by jou los om te onthou
*Ek bid dat Dawid as jy voor jou Goliat staan
Dat ek jou groot gemaak het om te weet jy kan 'n reus verslaan,
Want Dawid jy's in God se hand
Ek bid dat Dawid as jy voor jou Goliat staan
Dat ek jou groot gemaak het om te weet
Jy is 'n man so na aan God se hart*
Weet die pad gaan draaie loop
Teerpad, grondpad, somtyds deur 'n sloot
Die lewe gaan jou houe gee,
Maar lewe voluit, ons lewe net een keer
*Ek bid dat Dawid as jy voor jou Goliat staan
Dat ek jou groot gemaak het om te weet jy kan 'n reus verslaan,
Want Dawid jy's in God se hand
Ek bid dat Dawid as jy voor jou Goliat staan
Dat ek jou groot gemaak het om te weet
Jy is 'n man so na aan God se hart*
Ek belowe jou (nou?) dat ek jou Ma vir altyd lief sal hê
So belowe my dat jou vrou ook dieselfde by jou sal kry, belowe my
Ek bid dat Dawid as jy voor jou Goliat staan
Dat jy groot gemaak is om te weet jy kan 'n reus verslaan,
Want Dawid jy's in God se hand
Ek bid dat Dawid as jy voor jou Goliat staan
Dat ek jou groot gemaak het om te weet
Jy is 'n man so na aan God se hart
Ja, jy's 'n man so na aan God se hart



Credits
Writer(s): Don Kelly, Ricus Nel
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link