Slapelose Nag

Refleksie van swart
Op die blou van dit wat was
Sal ek kan bly staan
Al hou die verlede my vas

Ek sien die weg
Met 'n konkrete perspektief
Van hoe dit was
Met die lig op my pad

Soos die hede lyk
Bereik ek nou die grense van die
Vier hoeke van tyd

Is dit net glas wat my weerhou
Van wat
Sand en staal vir my inhou
Waar die stadsligte brand
Teen die merke van my hand
Wat vashou aan nog 'n slapelose nag

Ek sal kan teen die wêreld vasstaan
Met my lewe deel van 'n groter plan

As ek om my kyk
Is ek nou oor die grense van die
Vier hoeke van tyd

Is dit net glas wat my weerhou
Van wat
Sand en staal vir my inhou
Waar die stadsligte brand
Teen die merke van my hand
Wat vashou aan nog 'n slapelose nag

Hierdie aand sonder ophou
Sal ek laat gaan waaraan ek vashou
Die oomblik wat ek daarvan kan vergeet
Sal ek weet

Dit is net glas wat my weerhou
Van wat
Sand en staal vir my inhou
Waar die stadsligte brand
Teen die merke van my hand
Wat vashou aan nog 'n slapelose nag

Is dit net glas wat my weerhou
Van wat
Sand en staal vir my inhou
Waar die stadsligte brand
Teen die merke van my hand
Wat vashou aan nog 'n slapelose nag
Hier's op nog 'n slapelose nag



Credits
Writer(s): Gerduan Kemp, Petrus Van Wyk
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link