Jantjie van die berge
Lank gelede by die kloof
aan die Magaliesberg se hang
toe diè wat dit vertel nog kinders was
het 'n siel geswerf wat kind was
maar op sy manier 'n man
gebore om die berge op te pas
En as die donderwolke saamsweer
teen die kranse by die kloof
en die dag word soos 'n sterrelose nag
en die dreuning van die donder elke ander klank verdoof
het almal op sy vreugdeslied gewag
Want die kranse was sy mure
en die hemel was sy dak
en sy vriende was die donder en die reen
En wanneer hy klippe bergaf rol
en doringboompies knak
was hy die berg die storm alles een
En die bliksem skeur die hemel
en die wind se wolwehuil
nooi die berg se stroefste bome vir die dans
En mens en dier wat vreesbevange
teen die storm skuil
hoor sy lied weerklink van krans tot krans
Lank gelede by die kloof aan die Magaliesberg se hang
na nagte teen die kranse in die reen
het 'n siel gesterf wat kind was
maar op sy manier 'n man
en daarna was die berge weer alleen
Tog die mense die vertel my
as jy op 'n stormnag
sy spoor vat teen die krans uit en daar skuil
hoor jy soms iemand iewers bo die donderslae lag
en somtyds weer dan hoor jy iemand huil
End
aan die Magaliesberg se hang
toe diè wat dit vertel nog kinders was
het 'n siel geswerf wat kind was
maar op sy manier 'n man
gebore om die berge op te pas
En as die donderwolke saamsweer
teen die kranse by die kloof
en die dag word soos 'n sterrelose nag
en die dreuning van die donder elke ander klank verdoof
het almal op sy vreugdeslied gewag
Want die kranse was sy mure
en die hemel was sy dak
en sy vriende was die donder en die reen
En wanneer hy klippe bergaf rol
en doringboompies knak
was hy die berg die storm alles een
En die bliksem skeur die hemel
en die wind se wolwehuil
nooi die berg se stroefste bome vir die dans
En mens en dier wat vreesbevange
teen die storm skuil
hoor sy lied weerklink van krans tot krans
Lank gelede by die kloof aan die Magaliesberg se hang
na nagte teen die kranse in die reen
het 'n siel gesterf wat kind was
maar op sy manier 'n man
en daarna was die berge weer alleen
Tog die mense die vertel my
as jy op 'n stormnag
sy spoor vat teen die krans uit en daar skuil
hoor jy soms iemand iewers bo die donderslae lag
en somtyds weer dan hoor jy iemand huil
End
Credits
Writer(s): Koos Plessis
Lyrics powered by www.musixmatch.com
Link
© 2024 All rights reserved. Rockol.com S.r.l. Website image policy
Rockol
- Rockol only uses images and photos made available for promotional purposes (“for press use”) by record companies, artist managements and p.r. agencies.
- Said images are used to exert a right to report and a finality of the criticism, in a degraded mode compliant to copyright laws, and exclusively inclosed in our own informative content.
- Only non-exclusive images addressed to newspaper use and, in general, copyright-free are accepted.
- Live photos are published when licensed by photographers whose copyright is quoted.
- Rockol is available to pay the right holder a fair fee should a published image’s author be unknown at the time of publishing.
Feedback
Please immediately report the presence of images possibly not compliant with the above cases so as to quickly verify an improper use: where confirmed, we would immediately proceed to their removal.