Naby Jou

Met skadu's wat oor ons daal
En nag wat ons laat verdwaal
Word ons omring deur die vrees
Die twyfel wat oor ons heers

Oorlog, rampe en pyn
Wat drome net laat verdwyn
En angs waaroor ons ons besorg
Wat ons nou agtervolg
Maar jy slaap deur die donker nagte
Want ek hou wag in die koue en reën

Naby jou
Waar ek al die vrese weghou
Ek verbrou
Te veel maar ek probeer
Tot die maanlig
Deur die wolke bo ons breek
En die gloei van die oggendson
Jou laat weet

Die weerlig, die wind en die weer
Die aarde se diepste skeur
Die klank van die wolwe wat grom
En al hoe nader kom

Die bloudam se sterkste gety
Die wêreld se droogste woestyn
En slange inmekaar in geweeg
Wat om jou enkels kleef
Maar jy slaap deur die donker nagte
Want ek hou wag in die koue en reën

Naby jou
Waar ek al die vrese weghou
Ek verbrou
Te veel maar ek probeer
Tot die maanlig
Deur die wolke bo ons breek
En die gloei van die oggendson
Jou laat weet

Wind
Weer
Hartseer
Verdwyn en ons kan weer probeer
Maar die son wil weer gaan lê
En winter begrawe wat ek wou sê

Maar jy slaap deur die donker nagte
Want ek hou wag

Naby jou
Waar ek al die vrese weghou
Ek verbrou
Te veel maar ek probeer
Tot die maanlig
Deur die wolke bo ons breek
En die gloei van die oggendson
Jou laat weet



Credits
Writer(s): Constant Van Graan
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link