Bliksoldaat

Sal 'n soldaat soos ek
Met my blikbajonet
Ooit deurdring tot jou
Delikate ballet

In die meer wat weerkaats
Voor die deur waar jy dans
Herken ek myself
In jou pirouette

Ek is standvastig
Ek is dapper
Ek is versigtig jy maak my swakker
As wat ek ooit mag wees

Selfs in die donker
Waar ek wegsink
Aanhou wonder
Oor wat jy dink
Sal ek vastrapplek vind

Ek het pligsgetrou
Op aandag gestaan
Maar nog steeds
Het die wind my weg
Van jou af gedra

Sal 'n skoonheid soos jy
In jou kasteel van papier
Vir my wag tot die noodlot
My weer terug tot by jou stuur

Ek is standvastig
Ek is dapper
Versigtig jy maak my swakker
As wat ek ooit mag wees

Selfs in die donker
Waar ek wegsink
Aanhou wonder
Oor wat jy dink
Sal ek vastrapplek vind

Toe ek uiteindelik
Die lig weer sien
Was niks nog so mooi
Soos jou beweging nie
Ek het van binne af gebrand
Sterker as die vlam
Waarin ek en jy saam
Sou smelt en vergaan

Ek is standvastig
Ek is dapper
Versigtig jy maak my swakker
As wat ek ooit mag wees

Selfs in die donker
Waar ek wegsink
Aanhou wonder
Oor wat jy dink
Sal ek vastrapplek vind

Ek is standvastig
Ek is dapper
Versigtig jy maak my swakker
As wat ek ooit mag wees

Selfs in die vlamme
Waar ons wegsmelt
Nader aan jou
As aan myself
Sal ek jou weer vind



Credits
Writer(s): Deon Meiring
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link