Die Een

Is lief wees
Nog steeds lief wees
Na al die seer?
Gisteraand, nes vanaand
My hart in 'n duisend diamante gebreek
Ons is arm in die wêreld
Maar ryk van wyn en gees
Ons is so jonk
Nog so baie om te leer

Ek mag dalk verkeerd wees
Jy mag dalk die een wees

Ek mag dalk die een wees wat
Na jou smag
Ek soek jou in my longe
Ek soek jou in my tas
Ek mag dalk die een wees wat
Nooit weet wat om te sê nie
Wat nie weet hoe dit voel
Om iemand anders terug lief te hê nie

En ek bly hoop vir ons
Twee
Wat in die maanlig dans asof almal kyk
In die reën staan en huil
En die nat teer ruik
Dis plain
Dis simpel
Dis hoe die lewe ons gooi
Ons is dobbelstene
Moenie my vergeet nie
Ek vra mooi

Ek mag dalk verkeerd wees
Maar
Jy mag dalk die een wees
Maar

Ek mag dalk die een wees wat
Na jou smag
Ek soek jou in my longe
Ek soek jou in my tas
Ek mag dalk die een wees wat
Nooit weet wat om te sê nie
Wat nie weet hoe dit voel
Om iemand anders terug lief te hê nie
Anders terug lief te hê nie
Anders terug lief te hê nie

Dit voel of ons albei gaan ontplof
Jy is die een wat ek wil soen as die son opkom
Word wakker langs haar en alles voel weer
Asof alles in mekaar ineen gaan stort
En ek mag dalk die een wees wat
Na jou smag
Ek soek jou in my longe
Ek soek jou in my tas
Ek mag dalk die een wees wat
Nooit weet wat om te sê nie

Ek mag dalk die een wees wat
Na jou smag
Ek soek jou in my longe
Ek soek jou in my tas
Ek mag dalk die een wees wat
Nooit weet wat om te sê nie
Wat nie weet hoe dit voel
Om iemand anders terug lief te hê nie
Wat nie weet hoe dit voel
Om iemand anders terug lief te hê nie
Wat nie weet hoe dit voel
Om iemand anders terug lief te hê nie



Credits
Writer(s): John Hunter Eddington Kennedy, Richard Onraet, Tasché Burger
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link