Dowe Ore

Gee my 'n oomblik
Want die waarheid sink by my gedagtes in
Ons fokus op woorde
En ons aksies val by al die krake in
Ons verdrink op die droë grond
En duik dieper in gulsigheid
Ons verander ons woorde
En verander soos die gety

Skryf maar op jou maag
Vergeet en vee dit af
Ons het dit opgemors
"Ons sal dit weer regmaak"
Vat alles vir jouself
En groei 'n dikker vel
Ons skud ons koppe en sê "oh well"

Sê my hoekom
Ons vir altyd die antwoorde miskyk
Vertel my hoe ons
Seker maak dat genoeg vir ons oorbly
Ons harte vol, dit loop uit by die mond
Van die hart na die mond val woorde op die grond
Sê my hoekom
Want ons woorde val op dowe ore

Gee my 'n oomblik
Ek het bloed op my hande, ek verlang na die ander kant
Ons fokus op drome
En begrawe ons skatte aan die rand van 'n kronkelpad
Jy gee nie om nie
Jy sal die skoonheid verruil vir nog 'n paar sent in jou sak
Dit raak nooit vol nie
En as jy kon sou jy al die son se strale ook vir jou vat

Skryf maar op jou maag
Vergeet en vee dit af
Ons het dit opgemors
"Ons sal dit weer regmaak"
Vat alles vir jouself
En groei 'n dikker vel
Ons skud ons koppe en sê "oh well"

Sê my hoekom
Ons vir altyd die antwoorde miskyk
Vertel my hoe ons
Seker maak dat genoeg vir ons oorbly
Ons harte vol, dit loop uit by die mond
Van die hart na die mond val woorde op die grond
Sê my hoekom
Want ons woorde val op dowe ore

Ons woorde val op dowe ore
Ons woorde val op dowe ore

Want ons woorde val op dowe ore



Credits
Writer(s): Robert Mitchley, Craig Atkinson, Cornelius Van Niekerk
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link