Alaska

Dis 12uur ek's alleen en jy is iewers in Alaska
Ek wonder of jy ook sukkel om te slaap, is jy nog kwaad
Of mis jy die Kaap se wind of is jy werklikwaar tevrede
Die reuk van jou parfuum hang in die lug, kom jy ooit weer terug

En soos ek terug dink en wonder hoeveel kere ek nogsteeds na jou toe ry, met die hoop om jou te sien
Ag jis, ek wonder soms meer, oor al my keuses en seer
Wie jy jou liefde meer deel, ek weet ek wonder te veel, maar ek wonder

Ja ek wonder
Mag ek wonder

Ek het weer gistraand van jou gedroom
Ek moes myself probeer wakker knuip
Al wil ek so graag oor alles kom
Wens ek dat my droom was realiteit
Ek weet dis pateties om te dink dat ek nogsteeds myself hieroor versmoor
Maar jy't geloop en ek't gery, jy't jouself gevind, ek't myself verloor

En soos ek terug dink en na al my keuses kyk
Voel ekke leeg en ek voel spyt
Ek't jou gehad en jou laat gaan
Flip ek was jonk en ek was bang
Nou skryf ek alles wat ek moes sê
Dis dalk te laat om dit neer te lê
Maar elke nou en dan sien ek jou
As jy 'n foto op facebook share

Dis 12uur ek's alleen en jy is iewers in Alaska
Ek wonder of jy ook sukkel om te slaap, is jy nog kwaad
Of mis jy die Kaap se wind of is jy werklikwaar tevrede
Die reuk van jou parfiem hang in die lig, kom jy ooit weer terug



Credits
Writer(s): Coert Visagie
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link