Langs Jou

As ons kon oppak en ry
Waarheen sou jy wou verdwyn
Ek sweer ek sou as jy sê
As jy maar net iets wou sê

Sou jy jou ouers vertel
Of sou jy eerder wou bel
Ek wonder wat jy sou sê
As jy maar net iets wou sê

Want ek is leeg
Maar ek wil streef om 'n beter mens te wees
Al het ek seer
Wil ek probeer om die beste van myself te gee

Ek weet jy maak jou eie keuses my skat
Maar daar's 'n deel van jou in elke rigting van my hart
En ek wonder of jy by jouself is as jy dink
Of kort jy my langs jou
Ek wens dat ek vir jou die keuses kon maak
Want die waarheid is dat ek saam jou sou wou verdwaal
Ek wou ry en hierdie dorp se twyfel agter laat
Maar jy't net stil gebly

En nou's ek leeg
Maar ek wil streef om 'n beter mens te wees
Al het ek seer
Wil ek probeer om die beste van myself te gee

Ek't in myself getwyfel, twyfel
Maar hoekom moes jy twyfel, twyfel in my
Ek't in myself getwyfel, twyfel

Ek dink nogsteeds aan elke liewe oomblik
Verlang alweer na hoe jy soms gedroom het
Nou staan ek leeg in onbekende plekke
Wens jy was hier want ek mis ons diep gesprekke

Ek dink nogsteeds aan elke liewe oomblik (Ek wens dat jy was hier)
Verlang alweer na hoe jy soms gedroom het
Nou staan ek leeg in onbekende plekke (Ek wens jy't iets gesê)
Wens jy was hier want ek mis ons diep gesprekke

En nou's ek leeg
Maar ek wil streef om 'n beter mens te wees
Al het ek seer
Wil ek probeer om die beste van myself te gee



Credits
Writer(s): Coert Visagie
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link