Die Vlaglied

Dis tyd dat jou kinders wat trou is maar vra wat beteken die vlag van ou Suid-Afrika
Hulle weet dis die merk van die Nasionalis van die blank über alles, die wit supremis
Van geslag tot geslag issie mense verag hulle land ingepag en koppe verkrag
'n Nazi se kenmerk op Afrika grond van 'n volk wat nog hunker na gister se stront
Die blou van die blank in oranje grond Dis die kleed met klad van die skaam van Suid-Afrika
Ons lê nou die wapens neer
Kom lê nou die wapens neer

Uit die blou van Kayalitsha en die pyn van Mitchell's Plain
Tot die room van Waterkloof word noodkrete uitgedoof
In die rookwolk oor Tembisa, in die sinkshack in Nyanga
Kyk almal op die TV, hoe word rykmense beroof
In die stofpad in Promosa, 'n shebeen in Ikageng
Hoop kinders op 'n lewe wat hul nimmer nooit sal ken
So kom nou met jou ou vlag en waai dit voor sy neus
Vertel my hoe's jou vrede of lewe jy in vrees

Ons almal deel in swaarkry ons almal hier het pyn
Kom ons wees mekaar genadig sonder haat sonder venyn
Ons almal hier is mense in hierdie tyd en hierdie plek
En dit is in onse hande om ons tafel hier te dek
Kom ons deel ons oorvol spense
Kom ons maak 'n beter plek,
Kom ons gee ons beste wense
En vermorsel hierdie grense

Ons lê nou die wapens neer
Kom lê nou die wapens neer



Credits
Writer(s): Wian Anders
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link