Ons Is Die Virus

Ons het goed begin
Ek wil net byvoorbaat
Dit duidelik maak
Dat ek het nie 'n punt het nie
Lief vir my mense
Probeer om nie te haat nie
Nog nooit gewens my pa het minder geld gemaak nie

Vir eeue en eeue
Het ons in die donker rond gekak
Elektrisiteit herontdek
En nou sit hulle die ligte af
Staar in my foon in
Word verlief op onsself
Ons almal soek die antwoord
Maar het jy jouself gevra
Op watter ouderdom het Adam en Eva gepaar?
Het ons begin met kinders wat kinders grootmaak?
Het ons van 'n ander planeet af gekom?
Is ons eintlik vertraag?
Want dit voel so
O, my jirre, dit voel so!
Ons almal gaan soms 'n bietjie agteruit
Soms gebeur alles op dieselfde tyd
Soms poes die lewe jou oor die kop
En soms los hy jou heeltemal uit

Soms voel ek veiliger met die weermag op straat
Soms is daar nirvana op die bank in die lui middagson
In die braai kamer
Ek is lief vir my lot
Soms poes die lewe jou oor die kop

Ons is die siekte
Ons is die virus
Ons is die skape
Ons is die krisis
Ons is die heelal se gedagtes
Ons is vlietend
Ons is die siekte
Ons is die virus



Credits
Writer(s): Francois Badenhorst, Georg Johan De Ridder, Jacobus Gideon Venter, John Hunter Eddington Kennedy, Wynand Johannes Myburgh
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link