Sesde Sintuig

Kan jou sien, kan jou voel
Kan jou ruik en jou proe
Ek kan hoor jy is daar
Soos die golwe my spoel
Van jou liefde

Ekke kyk, ekke raak
Ken jou reuk en jou smaak
Ekke luister en praat
Elke woord in my hart
Vir jou liefde
Vir jou liefde

Ek word verblind deur die mooi van jou skemer
En ek verloor my gehoor as jy praat
As jy my vashou vergeet ek die reuke
So bittersoet geen gevoel as jy raak
Kan nie beskryf wat jou hart en jou lyf doen aan my
Maar nou is ek seker liefde is n sesde sintuig

Soos die wind vir n vuur
Soos die water vir grond
So is jy vir my hart
Elke uur en sekond van ons liefde

En jy waai alles weg
Wat ek agter wou laat
Jys n brand op my berg
Vir my grond is jy water
Met jou liefde

Ek word verblind deur die mooi van jou skemer
En ek verloor my gehoor as jy praat
As jy my vashou vergeet ek die reuke
So bittersoet geen gevoel as jy raak
Kan nie beskryf wat jou hart en jou lyf doen aan my
Maar nou is ek seker liefde is n sesde sintuig

Vat my lei my net
Ons weet dis al wat ons twee nodig het

Ek word verblind deur die mooi van jou skemer
En ek verloor my gehoor as jy praat
As jy my vashou vergeet ek die reuke
So bittersoet geen gevoel as jy raak
Kan nie beskryf wat jou hart en jou lyf doen aan my
Maar nou is ek seker liefde is n sesde sintuig
Liefde is n sesde sintuig



Credits
Writer(s): Johan Oberholzer
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link