Grense (NP Van Wyk Louw Nuwe Verse, 1954)

My naakte siel wil sonder skrome
In alle eenvoud tot jou gaan
Soos uit diepe slaap ons drome
Soos teen skemerlug die bome
Opreik na die bloue maan;

Gaan met al sy donker wense
En die heilige, nooit-gehoorde
Dinge sê, waarvoor die mense
Huiwer, en wat om die grense
Flikker van my duister woorde



Credits
Writer(s): Np Wyk Louw
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link