Suiderkruis

Sal jy my by die Suiderkruis in die hemelruim kan kry
Ek sal petrolgeld betaal, bokkie sal jy soontoe ry
Ek sal 'n location stuur van hoe jy daar moet kom
Dis die derde straatjie regs as jy ry verby die son

Liefde ken geen afstand nie het my ouma al gesê
Gelukkig is die een wat weet by wie sy hartjie le
So sal jy my by die Suiderkruis in die hemelruim kan kry
Dis die derde straatjie regs as jy ry by die son verby

Want jy is die een saam wie ek kaalvoet sal dans in die koue reen
Jy's die klank van my kitaar in die aand wanneer ek moet sit en leer
My van liefde
Leer my van myself

In die hemelruim by die Suiderkruis

Op Instagram se DM's het ek iets vir jou gestuur
Ek moes bloed en trane sweet teen die weerstand wat jy bied
Maar sonder om te twyfel het ek aanhou met probeer
Die aanhouer sal wen het my oupa my geleer

Want jy is die een saam wie ek kaalvoet sal dans in die koue reen
Jy's die klank van my kitaar in die aand wanneer ek moet sit en leer
My van liefde
Leer my van myself
Want jy is die een saam wie ek kaalvoet sal dans in die koue reen

Jy's die klank van my kitaar in die aand wanneer ek moet sit en leer
My van liefde
Leer my van myself
In die hemelruim by die Suiderkruis

En ek's maar net 'n digter, 'n Digter wat hou van liedjies skryf
En jy breek my brein, breek my brein
Hoe moet ek slaap in die aand wanneer ek onseker bly

Oor jou, oor jou

Want jy is die een saam wie ek kaalvoet sal dans in die koue reen
Jy's die klank van my kitaar in die aand wanneer ek moet sit en leer
My van liefde
Leer my van myself

Credits
Writer(s): Estian Maree
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link