Die Wind Waai Vanaand Verskriklik

Die wind waai vanaand verskriklik
Dis die swart Suidoos
Ek wonder of my mure gaan bly staan
En waarheen skep die wind my as hy my beetkry
Kan hy my verder waai
As waar ek is?

O Bokkie
So is die wind maar Een dag nog vriend'lik
Die volgende dag verdwaal

Die wind klim tussen my mure in
In elke holte in
Dit ruk en pluk aan alles
Wat nog naby is
Die mure het ore
Almal luister in
'n Mens kan so 'n wind
Glad nie vertrou

O Bokkie
So is die wind maar
Een dag plesierig
Sommer die volgende dag al blou

Die wind waai vanaand verskriklik
Dis die swart Suidoos
Ek wonder of die wind ook by jou waai
En waarheen skep die wind jou
As hy jou beetkry
Kan hy jou verder waai
As waar jy is?

O Bokkie
So is die lewe
Een dag nog rustig
Die volgende dag benoud

Ooooooo...
So is die lewe
Een dag nog rustig
Sommer die volgende dag benoud



Credits
Writer(s): Dineke Volschenk
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link