Veg En Bou

Staan weer op
Staan weer op in wat jy glo en wie jy is met krag van bo
Wees net jy
Wees die man vir jou gesin, die pa of ma wat hul verdien
Doen die beste wat jy kan, al is dit min, al wil jy val

Sê jou sê
Praat oor als wat jou nog pla want hoeveel kan ons nog verdra
Doen jou deel
Doen net dit waarin jy glo,net wat jy voel jou hart verloor
Vir ons kinders en ons land en die belofte anderkant

Jy kan breek, ons sal bou
Jy kan vat, ons sal hou
Jy kan brand net wat jy wil,
ons kies werk, ons kies verskil
Jy kan skree, ons sal leer
Jy kan buig dan sê ek nee
As ek buig buig ek voor Hom,
want hy is groot ek staan verstom
Ek sal my laaste asem hierin terug ploeg want
ek weet nou waar ek vandaan kom
En ek sal dit, ja ek sal dit nie verloor
Jy sal nie vat waarin ek glo

Sê vir Jan
Sê vir Jan hy kan ontspan,
want als is werklik nie sy skuld
Hou aan glo,
hou aan glo ons was al hier en ons het sterkter uitgekom
Ons sal weer, jy kan probeer, sal aanhou veg en bou en leer

Jy kan breek, ons sal bou
Jy kan vat, ons sal hou
Jy kan brand net wat jy wil,
ons kies werk ons kies verskil
Jy kan skree, ons sal leer
Jy kan buig dan sê ek nee
As ek buig buig ek voor Hom, want hy is groot ek staan verstom
Ek sal my laaste asem hierin terug ploeg,
want ek weet nou waar ek vandaan kom
En ek sal dit, ja ek sal dit nie verloor
Jy sal nie vat

Jy kan breek, ons sal bou
Jy kan vat, ons sal hou
Jy kan brand net wat jy wil, ons kies werk ons kies verskil
Jy kan skree, ons sal leer
Jy kan buig dan sê ek nee
As ek buig buig ek voor Hom,
want hy is groot, ek staan verstom
Ek sal my laaste asem hierin terug ploeg,
want ek weet nou waar ek vandaan kom
En ek sal dit, ja ek sal dit nie verloor
Jy sal nie vat waarin ek glo
Jy sal nie vat waarin ek glo



Credits
Writer(s): Md Greyling
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link