My Winter

Nog altyd gedroom van wêrelde buite hierdie lewe
Soms gewonder of U my kan hoor
Hoor U my gebede?
Ek is nog jonk maar ek wil weet waarom is ek hier
Heer is ek hier

Trane rol en die lewe hardloop verby
'N Gejaag na wind
'N Soeke na rede
Lente, somer, herfs en winter
Is hierdie my winter?

Is ons nie tog maar net 'n instrument in U hand
Uit U en deur U is ons meer
Heer soveel meer
En die sterre kombers
O Heer hou my veilig tot die dag
Wat U my huistoe vat

Trane rol en die lewe hardloop verby
'N Gejaag na wind
'N Soeke na rede
Hardloop weg en U hardloop terug

U arms staan en wag
Aan die einde van die reis
Lente, somer, herfs en winter
Is hierdie my winter?

Die wêreld en sy dinge raak soms te veel
Maar U hou my vas
U vou my toe

Bome ritsel ek hoor U fluister
U het geluister
En gesê
Winter is vir eers genoeg



Credits
Writer(s): Lizelle Nel
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link