Dis Wie Ons Is

Hier staan ek weer
Voor 'n toegesluite deur, ek is moeg geklop
Kan jy hoor hoe dit skree, steek jou hande op
Wanneer gaan dit stop?

Jy's beter as dit
Jy's 'n man van staal, weet wat in jou sit
As jy saai weet jy sal die vrugte pluk
Dit is swart op wit

Dis wie ons is
Die hardebaarde
Die bloed, sweet en trane
Wat aanhou klop
Dis in ons bloed
Om alles te gee
Tot die einde toetree
Jy's 'n kampioen!
Mik jou oë net na bo
Dis wie ons is
Dis wie ons is

Soos skrif teen die muur
Weet jy daar is hoop en jy bly net loop
Jou lesse was duur maar jy't opgestaan, jy het vuur geslaan

Daar's net kole oor
Kan jy voel hoe dit brand, dis 'n vuur in jou
Dit is wat jou dryf om net aan te hou
Dit gaan warm raak

Dis wie ons is
Die hardebaarde
Die bloed, sweet en trane
Wat aanhou klop
Dis in ons bloed
Om alles te gee
Tot die einde toetree
Jy's 'n kampioen!
Mik jou oë net na bo
Dis wie ons is

Dis in ons DNA
Die stem wat aanhou praat
Hou aan veg tot dit ligter raak
Jy is 'n man van staal
Die een wat koers bepaal
Jy is die een wat jou mense dra

Dis wie ons is
Die hardebaarde
Die bloed, sweet en trane
Wat aanhou klop
Dis in ons bloed
Om alles te gee
Tot die einde toetree
Jy's 'n kampioen!

Dis wie ons is
Die hardebaarde
Die bloed, sweet en trane
Wat aanhou klop
Dis in ons bloed
Om alles te gee
Tot die einde toetree
Jy's 'n kampioen!
Mik jou oë net na bo
Dis wie ons is

Mik jou oë net na bo
Dis wie ons is



Credits
Writer(s): Johan Vorster, Christoph Kotze
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link