Druk My Vas

O, die liggies het geblink en die glasies het geklink
Ek dans toe met n tannie wat van talcum powder stink
Sy dra 'n ring van goud, en sy sê sy is te oud
Maar sy vat my ommie lyfn en sy knyp my op die boud
En sy sê druk my, druk my, skattie druk my vas
Sy sê ek lyk so handsome met my spoggerige das
En ekke druk haar, ek druk haar, ekke druk haar teen my bors
Want die liefde is soos water en ek is baie dors
On sy is vuur en vlam, sy drink net coke en rum
Ek voel asof ek vooruit druk in die Boegoeberg se skrum
Ons dans hieroor die vloer, in 'n saal in die Karoo
Ekke voel waar sit haar corset, en sy kyk diep in my oë
En sy se druk my, druk my, skattie druk my vas
Sy sê ek lyk so handsome met my spoggerige das
En ek druk haar, ekke druk haar, ekke druk haar teen my bors
Want die liefde is soos water en ek is baie dors
Sy soen my voor haar deur, sy soen my nog 'n keer
Vir die liefde was ek dom, maar ek't gou geleer
Die liggies het geblink en die glasies het geklink
Ek dans toe met 'n tannie wat van talcum powder stink
En sy sê druk my, druk my, skattie druk my vas
Sy sê ek lyk so handsome met my spoggerige das
En ek druk haar, ek druk haar, man, ek druk haar teen my bors
Want die liefde is soos water en ek is baie dors
O, sy druk my, sy druk my, skattie druk my vas
Sy sê ek lyk so handsome met my spoggerige das
En ek druk haar, ekke druk haar, ja, ek druk haar teen my bors
Want die liefde is soos water en ek is baie dors



Credits
Writer(s): David Kramer
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link