Liefde Is Nie N Naamwoord

Kan jy onthou hoe
Donker was die nag
Selfs in die dag toe die
Son Vir jou moes wag
Kan jy onthou

Kan jy dit hoor dis
My halwe hart wat klop
En kan jy dit voel
Dis net Vir jou bedoel
Vir jou bedoel

Die aanhoudende keer
As die seer gebeur
Die geklop en geklop
Jy bly ingehok
Nooit het jy gewonder
Hoe ek my bekommer
Maar eerder gekyk
Hoe ek verder sink
En in jou liefde verdrink

Want liefde is nie
'n Naamwoord
Dis n werkwoord en
Dis hoe dit hoort
Liefde sonder dade
Is dade sonder liefde is blind
En dan saam die wind
Weggevee rondgewaai verpletter
En verslind, oor begin

Het jy dan nie gedink dit sou so wees
Ons is een verbind met bloed en vlees
Geen rede vir vrees

Dalk moes ek weet
Om eendag te vergeet
Maar as jy my se
Dis anders hierdie keer
Voel ek die seer

Die aanhoudende keer
As die seer gebeur
Die geklop en geklop jy bly ingehok
Nooit het jy gewonder
Hoe ek my bekommer
Maar eerder gekyk hoe ek verder sink
En in jou liefde verdrink

Want liefde is nie n naamwoord
Dis n werkwoord en dis hoe dit hoort
Liefde sonder dade is dade
Sonder liefde is blind
En dan saam die wind
Weggevee rondgewaai verpletter
En verslind oor begin

Want liefde is nie n naamwoord nie,
Dis n werkwoord en dis hoe dit hoort



Credits
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link