Alles En Niks (Afgestroop)

Ons is half vol, ons is half leeg
Gemaskerde vreugde, verwronge leed
Veldbrand redenasies, yskoue denke
Porselein gesigte, grafsteen harte
Ons is

Alles en niks, ons is
Alles en niks op dieselfde tyd
Ons leef in die donkerte
Stook ons vure in die lig
Alles en niks
Alles en niks op dieselfde tyd

Ons oë is moeg, ons ore doof
Bring jou graaf ons grou fondasies vir ons hoop
Ons bou 'n plek waar ons weer buite saam kan speel
Grensloos, seinloos, waar ons alles weer kan deel
Tot dan

Alles en niks, ons is
Alles en niks op dieselfde tyd
Ons leef in die donkerte
Stook ons vure in die lig
Alles en niks
Alles en niks op dieselfde tyd

Alles en niks, ons is
Alles en niks op dieselfde tyd
Ons leef in die donkerte
Stook ons vure in die lig
Alles en niks
Alles en niks op dieselfde tyd
Ons is alles en niks, ons is
Alles en niks
Op dieselfde tyd



Credits
Writer(s): Lourens Rabe,, Esta Rabe,
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link