Jonk En Verlore

Daar is gange in jou kop, ek ken dit
Elke hoek en draai het ek ontdek
Die kastele in jou hart se kamers
Is soms verlig, soms toegetrek

Ek droom van lang strande, jy droom van groot stede
Ons ken mekaar se diep en duister, lag en luister
Ons klein wêreld, ons rusplek

Ons bou mekaar en breek mekaar, deur al die skree net jy
Toe ek jou oog gevang jare terug, was ons nog vry
Wat as ons net alles los, ons goed oppak en ry
'n Avontuur gaan soek

Jonk en Verlore
Nes in die ou dae
Nes in die ou dae
Jonk en verlore

Daar is plekke in die wêreld waar ons was
Elke stad is deel van jou
Die wysies binne my kom uit soos branders
Kan ons lugkastele bou

Ek droom van lang strande, jy droom van groot stede
Ons ken mekaar se diep en duister, lag en luister
Ons klein wêreld, ons rusplek

Ons bou mekaar en breek mekaar, deur al die skree net jy
Toe ek jou oog gevang jare terug, was ons nog vry
Wat as ons net alles los, ons goed oppak en ry
'n Avontuur gaan soek

Jonk en Verlore
Nes in die ou dae
Nes in die ou dae
Jonk en verlore

Ons bou mekaar en breek mekaar, deur al die skree net jy
Toe ek jou oog gevang jare terug, was ons nog vry
Wat as ons net alles los, ons goed oppak en ry
'n Avontuur gaan soek

Wat as ons net alles los, ons goed oppak en ry
'n Avontuur gaan soek

Jonk en Verlore
Nes in die ou dae
Nes in die ou dae
Jonk en verlore



Credits
Writer(s): Esté Rabé, Lourens Johannes Rabé
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link