Kom Saam

Jy kan jouself gerus op jou skouer klop
Nog 'n keer
Vir al daai kere wat ek jou blameer

Ek weet die tyd kom leer ons op te staan
Om te vergeet
Van als wat verlore raak

Kyk ek weg
Ruggedraai op al die kere wat
Ons kon hoop
Kyk ek weg
Ruggedraai op al die kere wat
Ons kon hoop

Kom saam
Ek wil nie meer hierdie alleen doen nie, nie sonder jou nie
Kom saam
Ek kan nie meer hierdie alleen doen nie, nie sonder jou nie
Kom saam
Al die monsters binne jou en my wil ek saam baklei
Kom saam
Tot daar niks meer oor is nie en die wêreld vergaan

Jy kan jou kop gerus op my skouer lê
So af en toe
As jy jouself in die donker kry

Is dit te laat vir ons om dit reg te maak
Om te vergeet
Van al die foute wat wonde bly

Voel ek jou
'n eggo van al daai kere wat ons kon hoop

Credits
Writer(s): Bouwer Bosch, Hein Kruger, Ruan Kruger, Spencer Scott Harvey
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link