Klankdig

Jy het 'n wêreld aan my binnekant oopgebreek
Langs my vol vol hart was daar nog plek
Soos 'n skim op 'n foto van wat was
Sluip jy in my stilte
Soos 'n vol vol stad
Gebukkend onder al hierdie geraas

Die chaos het begin
Maar jy sal hier verkore bly

Jy is klankdig in my
Jy is klankdig in my
Jy is klankdig in my
Klankdig in my

As jy alles vasplak en dit bly breek
As spyt jou binnekant opvreet
As jy weer probeer en dit gebeur net weer
Hou net aan loop deur al hierdie ontploffings rondom jou

Die oorlog het begin
Maar jy sal hier gepantser bly

Jy is klankdig in my
Jy is klankdig in my
Jy is klankdig in my
Klankdig in my
Klankdig in my

Hou jou kop hoog
Trek jou skouers terug
Een voet voor die ander
Gepantser in my
Hou jou kop hoog
Trek jou skouers terug
Sit net een voet voor die ander
Jy's gepantser in my

Jy is klankdig in my
Jy is klankdig in my
Jy is klankdig in my
Klankdig in my



Credits
Writer(s): Esté Rabé, Lourens Johannes Rabé
Lyrics powered by www.musixmatch.com

Link